TUINROETE NUUS - Die tweede dubbelkampby-eenkoms van die seisoen het Sondag 4 Mei, suksesvol in Groot-Brakrivier plaasgevind.
Die volgende byeenkoms vind op Saterdag 24 Mei, in Hoekwil plaas.
Hierdie byeenkoms dien terselfdertyd as die Eden-kampioenskappe en sal op 'n splinternuwe roete gehou word.
Eden-driekamp nooi alle atlete en belangstellendes uit om deel te neem aan hierdie opwindende geleentheid.
Eden het ook vanjaar die besondere voorreg om die SA-driekampkampioenskappe aan te bied. Dié nasionale byeenkoms sal op 12 Julie in Hoekwil plaasvind.
Eden-driekamp mik daarna om 'n sterk span op die been te bring wat die streek met trots kan verteenwoordig.
Vir meer inligting en opdaterings, besoek gerus Eden-driekamp se webblad en volg hulle op Instagram.
Melissa Meyer, Karli Lötter en Annabelle McEwan trap vroeg-vroeg na die wenstreep.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’