GEORGE ATLETIEKNUUS - Vyf atlete van die Nedbank-atletiekklub in George het die gesogte Bill Rowan-medalje verower deur vanjaar se Comrades in minder as nege uur af te lê.
John April (06:444:30) en Eddie Mouton (07:26:00) het elk 'n silwermedalje losgedraf.
Die wenners van die Bill Rowan-medaljes is Mnyamezeli Nangu (07:35:10), Hannes Labuschagne (07:47:48), Zandesile Ngeva (08:21:33), Cecilia Nel (08:29:20) en Mario Rossouw (08:44:40).
Die atlete wat die Robert Mtshali-medalje (vir tyd tussen 9 en 10 ure) ontvang het, is Selwyn Losper (09:04:13), ElmienNel (09:04:23), Charmaine Lamprecht (09:07:53), Bertie Janse van Rensburg (09:10:39), Riaan Cronje (09:22:17), Cliona McGinn (09:32:43), Alison Jordaan (09:55:43) en Whayn Windwaai (09:56:47).
Altesame 35 atlete van Nedbank het vanjaar die Comrades binne die aangewese tyd (12 uur) voltooi.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'