GEORGE ATLETIEKNUUS - Die Nedbank SWD-atlete het Saterdagoggend oorheers by die Schoemanshoek-halfmarathon (21,1 km) en 10 km-padwedlope op De Rust.
Die wedlope wat deur Nedbank SWD-atletiekklub aangebied is en 255 padatlete gelok het, het in ideale weersomstandighede en in 'n feestelike atmosfeer plaasgevind.
Die Nedbank SWD-atlete, Lloyd Bosman (1:12.16), John April (1:12.45) en Francois Maquassa (1:14.31) het die halfmarathon oorheers.
Cecelia Nel (1:43.12) ook van Nedbank SWD was die eerste vrou oor die wenstreep. Lise-Mari Rautenbach (1:50.58) in tydelike kleure en Chandre Boshoff (1:55.34) van Outeniqua Harriers was onderskeidelik tweede en derde oor die wenstreep.
Selwyn Matthews (33:47), Anderson Ncube (34:13), Donovan Jantjies (35:58) almal van Nedbank SWD was baas in die 10 km-wedloop.
Annastasia Plaatjies (43:00) het die opeafdeling vir vroue ingepalm. Macnita Samuels (49:19) van Knysna-marathonklub en Karien Maritz (50:00) in tydelike kleure het haar gevolg.
Kategoriewenners:
Halfmarathon 21,1 km:
- Junior man: Ricardo Cornelius, (CMC Eden) (1:23.06).
- Ope mans: 1 Loyd Bosman (1:12.16); 2 John April (1:12.45); 3 Francois Maquassa (1:14.31) (almal Nedbank SWD).
- Veterane: Principle Fana (Outeniqua Harriers) (1:21.16).
- Meester: Peter Jaehne (Outeniqua Harriers) (1:34.22).
- Grootmeester: Koos Smit (Hartenbos Drawwers) (1:49.32).
- Groot-grootmeester: Abraham Coetzee (Knysna-marathonklub) (2:06.58).
- Stapper: Ernst van Zyl (Nedbank SWD) (2:27.30).
- Junior vroue: Chane Gricius (Outeniqua Harriers) (1:55.34).
- Ope vroue: 1 Cecelia Nel (Nedbank SWD) (1:43.12); 2 Lisa-Mari Rautenbach (tyedelik) (1:50.58); 3 Chandre Bosshoff (Outeniqua Harriers) (1:55.34).
- Veteraan: Chandre Bosshoff (Outeniqua Harriers) (1:55.34).
- Meester: Louisa du Buisson (Nedbank SWD) (2:14.31).
- Grootmeester: Mariette de Haan (Nedbank SWD) (2:06.57).
- Stapper: Jacolene Calitz (Nedbank SWD) (2:42.29).
Kategoriewenners 10 km:
- Juniors: Christiaan Lingervelt (Nedbank SWD) (36:06).
- Ope mans: 1 Selwyn Matthews (33:47); 2 Anderson Ncube (34:13); 3 Donovan Jantjies (35:58) (almal Nedbank SWD).
- Veteraan: Rob Welsh (Nedbank SWD) (39:49).
- Meester: Patrick Peters (SAW) (61:05).
- Grootmeester: Leon van der Merwe (Oudtshoorn-atletiekklub) (51:57).
- Groot-grootmeester: Leslie Martin (Nedbank SWD) (58:38).
- 80+: David Morgan-Smith (Knysna-marathonklub) (1:15.36).
- Stapper: Maxwell Brown (Nedbank SWD) (1:00.59).
- Junior (vrou): Zelna Hugo (tydelik) (50:24),
- Ope vroue: 1 Anastasia Plaatjies (Nedbank SWD) (43:00); 2 Macnita Samuels (Knysna-marathonklub) (49:19); 3 Karien Maritz (tydelik) (50:00).
- Veteraan: Avril Davids (Nedbank SWD) (1:08.46).
- Meester: Iona du Plessis (Nedbank SWD) (1:06;22).
- Grootmeester: Mariet Horn (Knysna-marathonklub) (1:02.26).
- Groot-grootmeester: Dalene le Roux (Nedbank SWD) (1:19.58).
- 80+: Cecila Swiegers (Nedbank SWD) (1:17.55).
- Stapper: Mariana van Zyl (Nedbank SWD) (1:12.23).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'