GEORGE NUUS - 'n Allemintige 440 atlete het verlede Woensdag aan die gewilde Spur na Spur-padwedloop deelgeneem. Die atlete het by die Geronimo Spur in Yorkstraat weggespring en by die Timberwolf Spur by die Garden Route Mall klaargemaak.
Oudergewoonte het die Nedbank-atlete Lloyd Bosman (30,46) en Melissa van Rensburg (39,28) onderskeidelik die mans- en vrouewedloop gewen.
Austin Koopman (Grasshopper Outeniqua Harriers) en Candice van Beulen (Nedbank) was die twee topjuniors met Mario Rossouw (Nedbank) en Benita Jouberts (Hartenbos Drawwers) die twee voorste veterane.
In die afdeling vir meesters het Anton Chevalier en Alison Jordaan (albei Nedbank) geseëvier en onder die grootmeesters het Hermanus Jonkerman en die immergroen Annatjie Botes (ook beide Nedbank) die louere ingepalm.
Die Nedbank-atlete John Pywell en Annetjie Swart was bobaas in die afdeling vir grootgrootmeesters.
Meer aksiefoto's in aanstaande week se uitgawe.
Lloyd Bosman.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'