GEORGE NUUS - Die 50-jarige meestersatleet, Lindile Tokota, het Saterdagoggend stof in die oë van sy jonger teenstanders geskop toe hy die gewilde De Dekke Spar-marathon (42,2km) op Groot-Brakrivier maklik in 2:46.22 gewen het.
Die wedlope is deur Hartenbos Drawwers-atletiekklub aangebied en het 331 deelnemers gelok.
Leon Adams (2:55.06) van die plaaslike klub en die veteraan Mxolisi Fana (2:56.23) van Outeniqua Harriers het Tokota gevolg.
Die Nedbank SWD-atlete, Anel van Wyk (3:38.41), Annatjie Botes (3:38.41) en Cecilia Nel (3:42.36) het die opeafdeling vir vroue oorheers.
Lloyd Bosman (31:03) en Godwin Heyns (33;23), albei van Nedbank, en Sinesipho Didishe (34:22) van Knysna-marathonklub was baas in die 10 km-wedloop.
Die opeafdeling vir vroue is deur die veteraan, Lisl Grobler (43:22) van Knysna-marathonklub , Elmarie du Plessis (48:34) van Hartenbos Drawwers en Paolo Vignani (48:56), wat in tydelike kleure deelgeneem het, gewen.
Kategoriewenners (marathon):
Opemans:
1. LindileTokota, Nedbank SWD (2:46.22), 2. Leon Adams, Hartenbos Drawwers (2:55.06), 3. Mxolisi Fana, Outeniqua Harriers (2:56.23), 4. Melikhaya Msizi, Knysna-marathonklub (3:01.27), 5. Mnyanezeli Nangu, Plett AK (3:14.48).
Veterane:
1. Mxolisi Fana, Outeniqua Harriers (2:56.23), 2. Mnyznezeli Nangu, Plettenbergbaai-atletieklub ( 3:14.48)
Meester:
1. Lindile Tokota, Nedbank SWD (2:46.22), 2. Anton Chevalier, Nedbank SWD (3:16.20).
Grootmeester:
1. André Barnardo, Nedbank SWD (3:57.33), 2. Leon van der Merwe, Oudtshoorn-atletiekklub (4:26.30).
Opevroue:
1. Anel van Wyk (3:38.41), 2. Annatjie Botes (3:38.41), 3. Cecilia Nel (3:42.36), almal van Nedbank SWD, 4. Nerida Lubbe, (3:44.13), 5. Rome Phillipson-Meyer (3:53.14) beide Hartenbos Drawwers.
Veterane:
1. Nerida Lubbe, Hartenbos Drawwers (3:44.13), 2. Belinda Tull, Sedgefield Striders (4:14.35).
Meester:
1. Alison Jordaan (4:10.12), 2. Una Saayman (4:29.13) beide Nedbank SWD.
Grootmeester:
Annatjie Botes, Nedbank SWD (3:38.41)
Kategoriewenners (10 km):
Opemans:
1. Lloyd Bosman, (31:03), 2. Godwin Heyns (33:23) beide Nedbank SWD, 3. Sinesipho Didishe, Knysna-marathonklub (34:22), 4. Selwyn Losper, Nedbank SWD (37:33), 5. Awonke Komani, Knysna-marathonklub (37:54).
Veteraan:
Marlon Mortlock, Knysna-marathonklub (41:14)
Meester:
Selwyn Losper, Nedbank SWD (37:33)
Grootmeester:
Patrick Rawlins, Outeniqua Harriers (44:29)
Groot-grootmeester:
Les Stuart, Hartenbos Drawwers (55:25)
Junior:
Mosuli Plaatjie, Knysna-marathonklub (38:36)
Stapper:
Bradley Carelse, Nedbank SWD (53:23)
Opevroue:
1. Lisl Grobler, Knysna-marathonklub (43:22), 2. Elmarie du Plessis, Hartenbos Drawwers (48:34), 3. Paolo Vignani, Tydelik (48:56), 4. Jessica Joubert (50:03) 5. Carol Groenewald (50:50) beide van Hartenbos Drawwers.
Veteraan:
Lisl Grobler, Knysna-marathonklub (43:22)
Meester:
Paolo Vignani, Tydelik (48:56)
Grootmeester:
Mariette de Haan, Nedbank SWD (59:34).
Groot-grootmeester:
Annamarie van Eck, Nedbank SWD (1:16.59)
Junior:
Charlene Johnson, Hartenbos Drawwers (1:08.44)
Stapper:
Karin Otto, Nedbank SWD (1:11.07).
Die Nedbank SWD-atlete, Anel van Wyk (regs) en Annatjie Botes (links) het die opeafdeling vir vroue oorheers. Van Wyk was eerste met Botes tweede.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'