TUINROETE NUUS - Leon Adams van Hartenbos Drawwers-atletiekklub het Saterdagoggend die Hartenbos Spar Lente 15 km-padwedloop in 49:55 gewen.
Die wedloop wat deur Hartenbos Drawwers-atletiekklub aangebied is, het 210 deelnemers gelok.
Die junior atleet, Godwin Heyns (51:07) van Nedbank SWD en Melikhaya Msizi (54:53) van Knysna-marathonklub was onderskeidelik tweede en derde oor die wenstreep.
Die ope-vroue afdeling is oorheers deur die junior Elne Conradie (1:06.46) van Hartenbos Drawwers, veteraan Elize Kloppers (1:09.07) wat in tydelike kleure deelgeneem het en Macnita Samuels (1:10.57) van Knysna-marathonklub.
Jacobus Boshoff (links), Mziwamadoda Petros (middel) en Peter Jaehne (regs) kom saam aangedraf.
Kategoriewenners: 15 km
Ope-mans:
1. Leon Adams (49:55) Hartenbos Drawwers, 2. Godwin Heyns (51:07) Nedbank SWD, 3. Melikhaya Msizi (54:53) Knysna-marathonklub.
Veteraan:
Mxolisi Fana (56:59) Outeniqua Harriers.
Meester:
Peter Jaehne (1:00.35) Outeniqua Harriers.
Grootmeester:
Rob de Reuck (1:06.30) Cape Multisport Eden
Groot-grootmeester:
Dave Edge (1:24.05) Tydelik
Junior:
Godwin Heyns (51:07) Nedbank SWD
Stapper:
Antonio Farmer (1:26.01) Nedbank SWD
Elize Kloppers was die eerste vroue-veteraan. Langs haar draf Samual Windvogel (Grasshopper Outeniqua Harriers).
Ope-vroue:
1. Elne Conradie (1:06.46) Hartenbos Drawwers, 2. Elize Kloppers (1:09.07) Tydelik, 3. Macnita Samuels (1:10.57) Knysna-marathonklub.
Veteraan:
Elize Kloppers (1:09.07) Tydelik
Meester:
Kleintjie van Schalkwyk (1:21.30) Hartenbos Drawwers.
Groot-grootmeester:
Anna-Marie van Eck (1:51.34) Nedbank SWD
Junior:
Elne Conradie (1:06.46) Hartenbos Drawwers
Stapper:
Jacoline Calitz (1:47.10) Nedbank SWD
ARTIKEL: ANDRÉ STANDER, GEORGE HERALD KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'