ATLETIEK NUUS - Atlete van die Langeberg-atletiekklub het 'n bedrywige naweek agter die rug met lede wat aan drie wedlope deelgeneem het.
Daar was die Meiringspoort-halfmarathon net buite Oudtshoorn, die Jail Breas-driekampbyeenkoms by Brandvleidam en dan die Kaapstad-marathon, waar 14 lede van Langeberg in aksie was.
Die Jail Breas-driekampbyeenkoms is oor 1,5 km-swem, 40 km-fietsry en 10 km-hardloop beslis.
Só lyk Langeberg-atlete se tye:
- Nico Barry Steyn (02:46:21.7).
- Nicolaas Strydom (03:19:24.3).
- Kobus Louwrens (03:19:19.6).
- Lindi Joubert (03:04:27.1).
- Jan-Hendrik Joubert (03:07:41.0).
Susan Texeira links en Elisia Bosch, albei van Albertinia, ná afloop van die Meiringspoort-halfmarathon.
Die driestuks van Langeberg-atletiekklub het by die Brandvleidam aan die Jail Breas-driekampbyeenkoms deelgeneem. Van links: Nico Steyn, Nicholas Strydom en Kobus Louwrens.
Debbie Marais en Judi Botha het die Kaapstad-marathon kafgedraf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’