GEORGE NUUS - Dit was Vrydag weer Voorbereidingskool George se jaarlikse kleuresport.
Dit is die dag wat die geel-, rooi- en blouspanne dit op die atletiekveld uitspook.
Die dag het begin waar elke span op die musiek van Chariots of Fire op die veld geloop het en hul krete geskree het.
'n Mens kon die erns van hierdie geleentheid op elke kind se gesig sien.
Baie ouers het, na hul kind se beste poging, hulle beloon met 'n besoek aan die snoepie.
Aan die einde van die dag was die geelspan die wenners gewees.
Die geelspan was die wenners gewees.
Die rooispan gereed vir die dag se atletiek wat voorlê.
Die blouspan besig om hul kreet op te voer.
Die gr. R-leerders by die wegspring.
Die ander spanne sal maar moet uithaal en wys volgende jaar.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'