GEORGE NUUS - Die Hoekwil-wedloop op Saterdag 11 Mei was 'n groot sukses met meer as 400 atlete wat deelgeneem het.
Rainbow-atletiekklub het skoonskip gemaak.
In die 21 km was Bruce Maboza (Nedbank SWD) eerste in 'n tyd van 1:11:02, Gershwill Jacobs (Nedbank SWD) tweede in 1:12:02 en Melikhaya Msizi van Knysna-marathonklub derde in 1:17:53.
Die wenners van die 10 km-wedloop was Austin Koopman in die eerste plek (36:06), Valentino Loggenberg tweede (36:42) en Cuan Wildeman derde (36:53). Al drie is Rainbow-atletiekklub.
Die wedloop het saamgeval met die NG Kerk Die Vleie se basaar en atlete is omtrent bederf met al die lekker kos en aktiwiteite.
Die Donkiekar-orkes het ook gesorg vir musiekvermaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’