Gallery
GEORGE ATLETIEKNUUS - Die gewilde Madiba-padwedlope wat Saterdagoggend vir die sesde jaar aangebied is, het 550 deelnemers gelok. Die hoogtepunt was die groot aantal kinders wat deelgeneem het.
Die wedlope is deur Atletiek SWD aangebied is en deur George-munisipaliteit ondersteun.
Die burgemeester van George, Melvin Naik, het 'n tjek van R50 000 aan die president van ASWD, Shireen Noble, oorhandig.
"Ek is opgewonde oor die groot aantal kinders wat aan die wedlope deelgeneem het. Die entoesiasme is sinoniem wat Nelson Mandela voorgestaan het om kinders geleenthede te gee.
"Hier het ons weer gesien dat sport is daardie verbindende faktor wat oor kleurgrense verhoudinge kan bou en mense kan verenig. Ons infrastruktuur in George is van so 'n aard dat ons groot wedlope hier kan aanbied."
Die 29-jarige Lloyd Bosman (Nedbank) het die halfmarathon in 'n vinnige tyd van 1:07.34 gewen.
Die grootmeester Annatjie Botes (1:34.02), van Nedbank was die eerste vrou oor die wenstreep.
Die Nedbank-atlete Francois Maquassa (32:17), Godwin Heyns (32:38) en Donavan Jantjies (33:02) het die 10 km- wedloop oorheers.
Stephany Petro (39:39), Candice van Beulen (41:31) en Anastasia Plaatjies (43:01), almal van Nedbank, het in die opeafdeling vir vroue geseëvier.
Die 3 km-pretdraf is gewen deur die 13-jarige Shaun-dre Webb, 'n leerder by Heidedal Primêr.
Die 10-jarige Tonya Schoeman (Hartenbos Drawwers), 13-jarige Petroney Groenewald van Laerskool George-Suid en 11-jarige, Xavairea Tekana, 'n leerder by Heidedal Primer, was die eerste vroue oor die wenstreep.
Kategoriewenners (halfmarathon: 21,1 km):
Juniors:
1. Ricardo Cornelius, Cape Multi Sport Eden (1:20.25), 2. Aviwe Komani, Knysna MK (1:20.45), 3. Rinaldo Grootboom, Cape Multi Sport Eden, (1:21.47).
Ope mans:
1. Lloyd Bosman (1:07.34), 2. Ettiene Plaatjies (1:08.26), 3. John April (1:10.06) almal Nedbank SWD.
Veterane:
1. Mxolisi Fana, Outeniqua Harriers (1:17.12), 2. Joey Claassen, Sedgefield Striders (1:22.29), 3. Thamsanqa Khedana, Beaufort-Wes AK (1;23.20).
Meesters:
Lindile Tokota, Nedbank SWD (1:15.07), 2. Peter Jaehne (1:29.54), 3. Samuel Windvogel (1:35.59) beide Outeniqua Harriers.
Grootmeesters:
1. Andre Niemand (1:38.45), 2. Jan du Toit (1:48.14) beide Hartenbos Drawwers, 3. Ismael Letief, Nedbank SWD (2:05.36).
Groot-grootmeester:
Maurice Wicomb, Oudtshoorn Atletiekklub (2:38.52).
Stappers:
1. Bradley Carelse, Nedbank SWD (2:03.05), 2. Hannes van Rooy, Sedgefield Striders (2:20.58), 3. Ernst van Zyl, Nedbank SWD (2:28.02).
Ope vroue:
1. Annatjie Botes, Nedbank SWD (1:34.02), 2. Elize Kloppers, tydelik (1:37.19), 3. Alison Nel, Hartenbos Drawwers (1:40.20).
Veterane:
1. Ariadne van Zandbergen, Cape Multi Sport Eden (1:43.56), 2. Chandré Boshoff (1:52.45), 3. Justine Sharples (1:55.03) beide Outeniqua Harriers.
Meesters:
1. Alison Jordaan (1:46.54), 2. Karen Paauw (1:58.40), beide Nedbank SWD, 3. Margret Von Zeil, Cape Multi Sport Eden (2:02.28).
Grootmeesters:
1. Annatjie Botes (1:34.02), 2. Mariette de Haan (1:58.55), 3. Sandy du Toit (2;24.26) almal Nedbank SWD.
Stappers:
1. Liezel van Wyk (2:28.15), 2. Jackie Calitz (2:28.28), 3. Mariana van Zyl (2:38.51) almal Nedbank SWD.
Kategoriewenners (10 km):
Juniors:
1. Luther Blaauw (33:48), 2. Christiaan Lingervelt (35:00) beide Nedbank SWD
Ope mans:
1. Francois Maquassa (32:17), 2. Godwin Heyns (32:38), 3. Donovan Jantjies (33:02) almal Nedbank SWD.
Veterane:
1. Wouter Frazenberg, Outeniqua Harriers (35:47), 2. Booi Salman (37:21) Nedbank SWD
Meesters:
1. Selwyn Losper (36:43), 2. Anton Chevalier (39:32) beide Nedbank SWD.
Grootmeesters:
1. Koos Smit (46:32), 2. Burnett Zaayman (58:24) beide Hartenbos Drawwers.
Groot-grootmeesters:
1. Abraham Coetzee, Knysna MK (52:07),
2. Leslie Stuart, Hartenbos Drawwers (53:26).
Stappers:
1. Antonio Farmer (46:53), 2. Maxwell Brown (54:48) beide Nedbank SWD.
Juniors (vroue):
1. Stephany Petro (39:39), 2. Candice van Beulen (41:31) beide Nedbank SWD
Ope vroue:
1. Stephany Petro (39:39), 2. Candice van Beulen (41:31), 3. Anastasia Plaatjies (43:01) almal Nedbank SWD.
Veterane:
1. Nerida Lubbe, Hartenbos Drawwers (44:07), 2. Carike Fourie, Nedbank SWD (45:26)
Meesters:
1. Evette Joubert, Cape Multi Sport Eden (54:38), 2. Aaltjie Nieman, Nedbank SWD (59:11).
Grootmeesters:
1. Mariet Horn, Knysna MK (1:01.22), 2. Elizabeth Herbst, Outeniqua Harriers (1:01.38).
Groot-grootmeesters:
1. Anna-Marie van Eck (1:09.57), 2. Cecelia Swiegers (1:13.56) beide Nedbank SWD.
Stappers:
1. Nolene van Rensburg (54:58), 2. Louw-Ann Lourens (1:11.56) beide Nedbank SWD.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'