GEORGE ATLETIEK-NUUS - Atlete van Grasshopper Outeniqua Harriers en Knysna het by die jaarlikse Farm Run puik vertoon in die 21,1 km-wedloop terwyl die Nedbank-atletiekklub in die 10 km-wedloop uitgeblink het.
Meer as 500 atlete het vanjaar deelgeneem.
Die groot wenners in die 21,1 km was Aviwe Kinana (Knysna) en in die ope afdeling het Godwin Heyns, John April, Anderson Mcube en Francois Maqwassa, almal van Nedbank, skoonskip gemaak.
Vuyo Witbooi (Grasshopper Outeniqua Harriers) was die beste mansveteraan en Principal Fana (Grasshopper Outeniqua Harriers) die beste meester. Ernst van Dyk (Nedbank) het die stapnommer gewen.
Chané Gricius (Grasshopper Outeniqua Harriers) het die vroue in die 21,1 km uitgestof, maar in die ope afdeling het Melissa van Rensburg (Nedbank) oudergewoonte eerste oor die eindstreep gedraf. Margaret von Zeil (CapeMultisport) was die voorste vrouemeester.
In gesellige luim kom die groep aangestap.
Die junior Christiaan Lingerveldt, was baas in die 10 km-wedloop met sy spanmaat van Nedbank Donovan Jantjies wat in die ope afdeling geseëvier het.
Johan Nieman (Nedbank) het die 10 km-stap gewen en sy klubmaat Maraina van Zyl die vrouestap.
Anastacia Plaatjies (Nedbank) het die 10 km-ope gewen met haar klubmaats Sharon Losper die beste vrouemeester en Anna-Mari van Eck die beste grootgrootmeester.
Party mense het dit maklik gehad met die Farm Run en dit aan pa en ma oorgelaat om die energie te verspil.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'