GEORGE NUUS - Die Ernst Louw-gedenkwedloop het Saterdagoggend in ideale weer by Diazstrand in Mosselbaai plaasgevind. Die 10 km-wedloop, wat deur Hartenbos Drawwers-atletiekklub aangebied is, het 170 deelnemers gelok.
Midas Mosselbaai-Steyn de Jager, Hartenbos Eiendomme en Bobby van Schalkwyk het die wedloop geborg.
Die opeafdeling vir mans is deur die Nedbank SWD atlete, Lloyd Bosman (32:09) en Godwin Heyns (32:58) oorheers.
Die plaaslike atleet, Leon Adams (34:41) was derde oor die wenstreep.
Leilani Scheffer (39:00) van KPMG en die juniors Elne Conradie (41:54) en Marizaan van der Mescht (44:27) het die opeafdeling vir vroue oorheers.
Kategoriewenners 10 km:
Opemans:
1. Lloyd Bosman (32:09),
2. Godwin Heyns (32:58) beide van Nedbank SWD,
3. Leon Adams, Hartenbos Drawwers (34:41)
Veteraan:
Eddie Mouton, Nedbank SWD (44:50)
Meester:
Selwyn Losper, Mosselbaai Harriers (37:10)
Grootmeester:
Andre Niemand, Hartenbos Drawwers (46:00)
Groot-grootmeester:
Leslie Stuart, Knysna-marathonklub (53:13)
Junior:
Godwin Heyns, Nedbank SWD (32:58)
Stapper:
André Pienaar, Blue Water Bay (1:09.26)
Opevroue:
1. Leilani Scheffer, KPMG (39:00),
2. Elne Conradie (41:54),
3. Marizaan van der Mescht (44:27) beide Hartenbos Drawwers.
Veteraan:
Elzet Oosthuizen, Hartenbos Drawwers (50:35)
Meester:
Annatjie Botes, Nedbank SWD (44:50)
Grootmeester:
Irene Scheffer, RWFL (45:10)
Groot-grootmeester:
Annemarie van Eck, Nedbank SWD (1:12.57).
Junior:
Elne Conradie, Hartenbos Drawwers (41:54)
Stapper:
Lorraine Zhemke, Outeniqua Harriers, (1:14.55)
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'