Gallery
GEORGE NUUSFLITS - Die 18-jarige Elwich van Wyk, ‘n gr.12-leerder van Van Kervel-skool in George, het Saterdagoggend Atletiek SWD se vlag hoog laat wapper by die Suid-Afrikaanse padstapkampioenskappe in Delvillepark, Pacaltsdorp.
Die byeenkoms is uiters suksesvol deur Atletiek SWD in samewerking met Atletiek Suid-Afrika aangebied.
Daar het 184 stappers aan die kampioenskappe deelgeneem.
Lees meer hieroor in George Herald die komende Donderdag.
Die 93-jarige Cecily Rootenberg van Sentraal-Gauteng het vir ‘n groot prestasie gesorg toe sy die 20 km-stap vir opevroue in (03:53.41) voltooi het.
Sy gaan by die Wêreld-meesters-atletiekvereniging aansoek doen om haar besondere prestasie as wêreldrekord te erken en beoog om in 2018 aan die meesters-wêreldkampioenskappe in Spanje deel te neem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'