GEORGE NUUS - Die Eden-straatmylreeks is weer vanjaar terug en beloof om atletiek van topgehalte op te dis.
Onderhandelings is aan die gang met 'n moontlik nuwe ankerborg. Die ander borge wat reeds deel is, is NWU, UOVS, die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport, ATKV Hartenbos, EDENfm en UNITED Paint, Mosselbaai].
Ander sekondêre borge is Kango-grotte, Oudtshoorn FORD, Cape Karoo International, Kleinplaas. Dit word weer onder die beskerming van die KKAF in vennootskap met ASWD aangebied.
Die 2021-reeks bestaan weer uit drie bene:
• Klein-Karoo-straatmyle in Oudtshoorn [16 Desember],
• Swartberg Baanatletiek en Myle in Oudtshoorn [18 Desember]
• ATKV Straatmyle in Hartenbos.
Na 'n beskeie begin as deel van die Oudtshoorn Atletiekvakansiebyeenkoms het die idee gegroei tot 'n ‘n straatmylreeks wat gedurende die Desembervakansie as drie wedlope in drie Suid-Kaapse dorpe aangebied was.
Tot en met 2019 was fietsry deel van die reeks en het groot opwinding verskaf. Die land se top 1 500/myl-atlete is uitgenooi om in die Suid-Kaap te kom deelneem.
Luidens 'n verklaring van die organiseerders lê die uniekheid van die reeks in die feit dat elke dorp sy unieke straatmyl-identiteit behou, maar tog deel vorm van die Eden-straatmylreeks deurdat die Grand Prix-wenner oor al drie byeenkomste bepaal word.
Die Grand Prix deel van die reeks behels dat die mans- en damesatleet wat die meeste punte oor die drie bene versamel, met die Grand Prix-titel wegstap.
In die afgelope vier jaar is nie minder as agt droommyle in die reeks gehardloop nie:
- Johan Cronjé [3:55.60],
- Dumisane Hlaselo [3:55,71],
- Elroy Gelant [3:56,74],
- Nyongo Amos [3:55,60 en 3:52,99]
- Ryan Mphahlele [3:56,04 en 3:57,95].
Die straatmyle word in die volgende kategorieë aangebied: Sub-Juniors, Juniors, 40+ en Elite/Ope.
Daar is ook weer pryse vir die eerste SWD-atlete oor die wenstreep.
Inskrywings
Die inskrywings word aanlyn gedoen en is reeds oop. Besoek gerus www.edenmiles.co.za . Alle reëlings rondom die byeenkomste en akkommodasie kan ook op dié webtuiste gevind word.
Vir enige navrae kontak gerus asseblief vir Hans van der Veen (hvdveen1966@gmail.com) of Dave van der Walt 082 773 4901.
'Ons bring jou die nutuste George, Tuinroete nuus'