GEORGE ATLETIEKNUUS - Altesame 24 plaaslike atlete het verlede naweek aan die SA Pentathlon- en laserrun-kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem en uitstekend gevaar.
Die Eden-atlete het 12 medaljes in laserrun ingepalm.
Die medaljewenners is:
Goud: Ulene Visser (Meester 40+), Tonya Schoeman (o.13 dogters), Johan Windt (Meester 60+) en Danie Pretorius (junior mans).
Silwer: Bart Saaiman (Meester 50+) en Monja Strydom (senior vroue).
Brons: Bertus Myburgh (Meester 40 mans), Stef Schoeman (o.17 seuns), Jerome Jacobs (senior mans), Annelien Jacobs (o.19 dogters) en Lariza James (senior vroue). Albert Myburgh (o.13 seuns), Henri Beyers (o.19 seuns), Neytwin Laminie (senior mans) en Hydrie de Beer (senior vroue) het almal 'n vierde plek behaal.
Liam Julyan (o.13 seuns) eindig 12de, Anna Grabe (o.13 dogters) 13de en Johan Grabe (o.15 seuns) 16de.
Nuwelinge van die George-klub wat ook verdienstelike plekke behaal het, is Dee-Von Offset (o.17 seuns) met 'n 7de plek en Jamaine Keffers (o.17 seuns) met 'n 15de plek.
Johan Windt het weer goud ingeoes in die tetrathlon (skerm, swem, hardloop en skiet) en Tonya Schoeman 'n vierde plek.
Die Wêreldkampioenskappe sal vanjaar in Weiden, Duitsland, plaasvind en atlete sal eersdaags hoor wie gekwalifiseer het om daar te gaan deelneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'