GEORGE NUUS - Christiaan Hattingh, 'n driekampatleet van Eden, het die afgelope naweek aan die 2022 Africa Triathlon Cup in Zimbabwe deelgeneem en 'n uitmuntende 2de plek behaal.
Die byeenkoms het plaasgevind by Troutbeck in die noorde van Zimbabwe, wat sowat 2 300 m bo seespieël is. Die hoogte maak dit besonder moeilik vir deelnemers wat van die kus af kom.
Die tweekampseisoen skop Sondag 10 April by die Fairy Knowe Hotel in Wilderness af. Eden-driekamp nooi atlete uit om in te skryf.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'