GEORGE NUUS - Die gewilde Spur na Spur-padwedloop, wat verlede Woensdagaand by die Timber Wolf Spur by die Garden Route Mall begin en by die Geronimo Spur in Yorkstraat geëindig het, het 382 deelnemers gelok.
Die wedloop is deur Grasshopper Outeniqua Harriers-atletiekklub aangebied.
Die 19-jarige Godwin Heyns van Nedbank SWD was eerste oor die wenstreep in (30:47). Heyns se spanmaat, Donovan Jantjies (31:23) en Leon Adams (31:46) van Hartenbos Drawwers het hom gevolg.
Die veteraan van Knysna-marathonklub, Lisl Grobler, het die opeafdeling vir vroue in (41:04) gewen. Nerida Lubbe (41:24) van Hartenbos Drawwers en die meester Annatjie Botes (42:24) van Nedbank SWD was onderskeidelik tweede en derde.
Kategoriewenners 10 km:
Opemans:
- Godwin Heyns (30:47),
- Donovan Jantjies (31:23) beide Nedbank SWD,
- Leon Adams, Hartenbos Drawwers, (31:46).
Junior:
- Godwyn Heyns, Nedbank SWD (30:47)
Veteraan:
- Walter Lutsch, Outeniqua Harriers (37:14)
Meester:
- Selwyn Losper, Mosselbaai Harriers (35:08)
Grootmeester:
- Robert de Reuck, Cape Multi Sport Eden (40:35)
Groot-grootmeester:
- Leslie Stuart, Knysna-marathonklub (48:52)
Eerste Outeniqua Harriers atleet:
- Douglas Stanley (35:49)
Opevroue:
- Lisl Grobler, Knysna-marathonklub (41:04),
- Nerida Lubbe, Hartenbos Drawwers (41:21),
- Annatjie Botes Nedbank SWD (42:24).
Junior:
- Candice van Beulen, Nedbank SWD (43:01)
Veteraan:
- Lisl Grobler, Knysna-marathonklub (41:04).
Meester:
- Annatjie Botes, Nedbank SWD (42:24)
Grootmeester:
- Mariet Horn, Knysna-marathonklub (54:14)
Groot-grootmeester:
- Anna-Marie van Eck, Nedbank SWD (1:08.58).
'We bring you the latest George, Garden Route news'