Video
GEORGE ATLETIEK NUUS EN VIDEO'S - Verskeie atlete neem vanoggend, Sondag 13 Junie in George deel aan 21- en 10km-wedlope.
Die wedlope is deel van die Comrades Marathon Centenary Hope Challenge en word gehou as vieringe vir die 100-jarige herdenking van die Comrades Marathon.
Een van die deelnemers, Andre Barnardo het die kenmerkende Chariots of Fire musiek van sy foon gespeel. Die musiek word altyd met die begin van die Comrades gespeel.
Barnardo het die Comrades al 21 keer voltooi.
Danie Raubenheimer, een van die organiseerders, vertel meer. Kyk die video hieronder:
Atlete in die 21km wedloop spring weg.
Kyk nog video's hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'