GEORGE NEWS - Groot opgewondenheid het op Saterdag 6 November by Palm Tyres, George, geheers waar Rainbow-atletiekklub in samewerking met Palm Tyres vir die 23ste agtereenvolgende jaar die 5 km- en 10 km-padwedlope aangebied het.
Die wedlope is in ideale, windstil hardloopweer aangebied. 'n Feestelike atmosfeer het geheers aangesien dit van die min geleenthede was waar 'n wedloop na die streng toegepaste Covid-19-regulasies aangebied is.
In die 10 km het die topatlete in die SWD mekaar die stryd aangesê. In die mansafdeling het Selwyn Matthews van Nedbank-atletiekklub koning gekraai in 'n tyd van 32:08, gevolg deur Mario van Schalkwyk van Langeberg-atletiekklub in 33:28 en Selwyn se spanmaat, Godwin Heyns, ook van Nedbank-atletiekklub in 'n tyd van 33:51.
In die vroueafdeling was daar geweldige stryd waar Cecilia Nel van Nedbank-atletiekklub eindelik as oorwinnaar uit die stryd getree het in 'n skitterende tyd van 40:32, gevolg deur haar spanmaat Melissa van Rensburg in 40:55 met Esrie Loock in die derde posisie in 'n tyd van 43:17.
In die 5 km het Danville Willemse van Riversdal in die kleure van Coastline-atletiekklub eerste die wenstreep oorgesteek in 'n skitterende tyd van 17:50. Die eerste dogter oor die wenstreep in die 5 km was Caitlyn Cawood in die kleure van Nedbank-atletiekklub in 'n tyd van 19:45 sek.
Volgens die organiseerders gaan daar beslis nog baie in toekoms van hierdie belowende jong atlete gehoor word.
Die kategoriewenners.
Volledige uitslae van kategorie wenners van 10 km:
Mans
Ope-afdeling
1. Selwyn Matthews Nedbank SWD 32:08
2. Marid Schalkwyk Langeberg Athletics 33:28
3. Godwin Heyns Nedbank SWD 33:51
Junior
1. Gershwin Fielies Coastline 36:24
2. Divan Rossouw Nedbank SWD 39:17
Veteraan
1. Jacques Mouton O/Harriers 38:49
Meester 50-59
1. Selwyn Losper Nedbank SWD 38:11
Grootmeester 60-69
1. Patrick Rawlins O/Harriers 49:22
Groot-Grootmeester
1. Manie Steenkamp Nedbank 47:43
Stapper
1. Ernest v. Zyl Nedbank 1:02:40
10 km hier kom ons.
Dames:
Ope-afdeling
1. Cecilia Nel Nedbank SWD 40:32
2. Melissa van Rensburg Nedbank SWD 40:55
3. Esrie Loock O/Harriers 43:17
Junior
1. Marilie Duvenage O/Harriers 45:25
Veteraan
1. Benita Joubert Nedbank SWD 44:20
Meester 50-59
1. Karin Pauw Nedbank SWD 51:38
Grootmeester 60-69
1. Annatjie Botes Nedbank SWD 46:57
Groot- Grootmeester
1. Lorraine Zenike O/Harriers 1:18:18
Stapper
1. Jackie Calitz Temp 1:12:26
Die wegspring van die 5 km-wedloop.
'We bring you the latest George, Garden Route news'