Gallery
GEORGE NUUS - Die bekende Forest Trail Run by Laerskool Denneoord het op Vrydag 7 Maart talle atlete gelok. Dit is die tweede keer wat dié prettige geleentheid plaasvind, en volgens die organiseerders was dit sonder twyfel 'n reusesukses.
Die deelnemers het die 10 km-roete en die gesellige 4 km-pretdraf, wat aan die voet van die pragtige Outeniquaberge gehou is, baie geniet.
George bekendes, Selwyn Matthews en Melissa van Rensburg was die eerste man en vrou oor die eindstreep op die 10 km-wedloop.
Na afloop van die wedloop was daar 'n wonderlike atmosfeer van lekker lag en kuier. Die gelukstrekkings het die aand afgerond en baie wenners is met fantastiese pryse huis toe.
Die geleentheid se organiseerders bedank al die borge wat bygedra het om hierdie geleentheid moontlik te maak. Sonder hulle ondersteuning sou die dag nie so 'n groot sukses gewees het nie.
Janine Pretorius
Janine Pretorius‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’