GEORGE NUUS - Rosedale Divas het gister, op Jeugdag, 'n suksesvolle sportdag aangebied wat deur sowat 200 jongmense bygewoon is.
Die dag is gekoördineer deur Shemon van Wyk (Potgieter) en het spanne van onder meer Oudtshoorn Infanterieskool, Rosedale Divas, Sunrise en Knysna Loeries byeengebring.
Knysna Loeries is die wenners van die dag.
Elke span het ook 'n geldbedrag ontvang. Die voorsitter van die Pacaltsdorp-gemeenskapspolisieforum, John Bruinders, asook die forum se ondervoorsitter, Elandré Lamini, het die geleentheid bygewoon.
Rosedale Divas het hul waardering uitgespreek teenoor die borge van die sportdag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’