GEORGE NUUS - Laerskool George-Suid het die naweek, ná 'n reeks uitstekende prestasies in verskeie ouderdomsgroepe, die trofee vir die beste laerskool by die SA tweekampkampioenskappe in Oudtshoorn gewen.
Die toptien is soos volg:
Liam de Wet (o. 9-seuns - 2de)
Christoff Willem Koch (o. 9-seuns - 4de)
Daniël van Wyngaard (o. 13-seuns - 7de)
Ella Coetzee (o. 9-meisies - 7de)
De Wet Venter (o. 11-seuns - 10de)
Ander leerders het ook goed gevaar:
Amelie Lamprecht (o. 9-meisies), Leah de Wet (o. 11-meisies), Nina Vlok (o. 11-meisies), Olivia Lamprecht (o. 11-meisies), Angelique Pieterse (o. 11-meisies), Andre Steyn (o. 11-seuns), Victor van der Sandt (o. 11-seuns), Lukas van Wyngaard (o. 11-seuns), Ezra Scheepers (o. 13-seuns), Bernard Lamprecht (o. 13-seuns), Mariane Labuschagne (o. 15-meisies) en Eduard Snyman (o. 15-seuns).
Die skole se uitstekende prestasies oor al die ouderdomsgroepe het bygedra tot hul sukses en die welverdiende trofee vir beste laerskool.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’