Gallery
SPORTNUUS - Hoërskool Outeniqua het Saterdag 11 April hul tuisveld in 'n besige sportarena omskep toe drie sportkodes - rugby, meisieshokkie en netbal - teen sterk teenstanders beslis is.
FOTOGALERY - Outeniqua gasheer vir driestryd teen top Paarl-skole
Skole wat deelgeneem het, was Outeniqua, Boland Landbou Seunskool en La Rochelle Meisieskool van die Paarl.
Die hoogtepunt van die dag was ongetwyfeld die Kwaggas se indrukwekkende 34 - 24 oorwinning oor Boland Landbou in hul rugbywedstryd.
Outeniqua het van vroeg af die pas aangegee en met vasberadenheid en dissipline hul oorheersing gewys om die wedstryd in hul guns te beklink.
Op die hokkieveld het Outeniqua se meisiespanne ook hul staal teen La Rochelle getoon.
In tien wedstryde wat op die grasveld en astrobaan gespeel is, het Outeniqua drie oorwinnings behaal, vyf keer gelykop gespeel en slegs twee nederlae gely.
Die netbalwedstryde het bygedra tot 'n dag vol energieke deelname en goeie sportgees, met al die spanne wat kompeterend en toegewyd opgetree het.
’n Pragtige vang deur Zahn Westerhuis (o.1 8B).
Volgens Outeniqua se sporthoof, Piet Cloete, was dit 'n dag met uitstekende sportmanskap en goeie gees: "Spelers het hul beste gegee en mekaar met respek hanteer."
Spelers van die Kwaggas se o. 18A meisiehokkiespan, Suané Koegelenberg, Abigail Swart en Mikela van der Spuy keer vir die vale.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’