Gallery
GEORGE NUUS - Hoërskool Pacaltsdorp, wat vanjaar 50 jaar oud is, het sy opregte dank uitgespreek teenoor al die borge, ondersteuners, gholfspelers en rolspelers wat van die skool se gholfdag by George-gholfklub die afgelope Sondag, 2 Augustus, 'n sukses gemaak het.
Die skool het ook sy onderwysers en die gholfkomitee: Ritania Louw, Robin Campher, Thagan Deal en Brandon Strydom, bedank vir hul harde werk en toewyding.
FOTOGALERY: Hoërskool Pacaltsdorp se gholfdag
Volgens die skool sal die ondersteuning bydra tot die voortgesette groei en ontwikkeling van sy leerders en daar word uitgesien na toekomstige gemeenskaps-geleenthede.
Deelnemers by Hoërskool Pacaltsdorp se gholfdag Sondag, Evan Davids, Alistar Mlando, Winston Jansen (wenner van die voorgee-afdeling) en Fagan Frans.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’