GEORGE NUUS Agt skaakleerders het Saterdag 18 April aan die Eden Rapid-skaakkampioenskappe deelgeneem.
Laerskool George-Suid is baie trots op die selfvertroue wat die leerders op die skaakbord getoon het.
In die B-afdeling het Mari Greeff 'n tweede plek uit 56 spelers behaal en Dané Blignaut 'n derde plek.
In die C-afdeling met 73 spelers het Elster Vermeulen 'n tweede plek behaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’