Gallery
SKOLENUUS - 'n Jolige atmosfeer het tydens die viering van Olimpia Vaardigheidskool in Pacaltsdorp se 25ste bestaansjaar verlede Saterdag, 11 April, geheers.
Ouers, leerders en personeel het alte lekker gekuier by die skool se sportterrein met tuisgebak en gesellige samesyn.
Volgens waarnemende skoolhoof, Reginald Mitchell, was die hoofdoel om saam met ouers en leerders te ontspan.
FOTOGALERY - Olimpia Vaardigheidskool vier kwarteeu van kennis
Die skool se 55 personeellede is oral ontplooi om tafels te beman en die braaivure hoog te hou. "Ons het 200 braaikaartjies vir die geleentheid verkoop," het Mitchell gesê.
Olimpia is in 2001 op die perseel van die destydse nywerheidskool gestig. Mitchell het verduidelik dat dit vir hulle belangrik is om die stigma van die vorige bedeling te breek. Blykbaar bestaan daar onder die gemeenskap die gevoel dat kinders wat by die nywerheidskool skoolgegaan het, hul skuldig gemaak het aan kriminele aktiwiteite.
"Olimpia se kinders is glad nie so nie," het hy gesê.
"Hierdie is kinders wat met hulle hande gaan werk en hulle het 'n toekoms. Hulle hoef nooit honger te wees nie."
Migael Kortjé, 'n onderwyser, spog met van die kinders se houtwerkprodukte wat te koop aangebied is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’