SKOOL NUUS - Die personeel, leerders en ouergemeenskap van Kretzenshoop Primêr het die nuwe kwartaal op ’n hartseer noot begin ná die skielike dood van mnr. Glen Ontong, die skool se akademiese hoof.
Ontong (57), ook die graad 7B’s se klasonderwyser, is op Maandagaand 20 Julie skielik in sy slaap oorlede, het Maruschka Maree, die skool se mediaskakelbeampte, gesê.
Die skool het ’n boodskap op hul Facebook-blad geplaas ná die hartseer nuus waarin hy geëer word as ’n toegewyde opvoeder, mentor en leier wat met passie, wysheid en integriteit diens gelewer het.
“Sy liefde vir sy leerders, sy kollegas en die onderwys het ’n blywende indruk op ons skoolgemeenskap gelaat. Ons eer sy nalatenskap met dankbaarheid en sal hom altyd onthou vir die verskil wat hy in soveel mense se lewens gemaak het,” lees die boodskap.
Begrafnisreëlings en meer inligting volg later.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’