SKOOL NUUS - Daar heers groot opgewondendheid by die Wiggles and Giggles-kleuterskool en George-voorbereidingskool vandag, want Internasionale Aardedag word gevier.
Dis ’n jaarlikse geleentheid wat wêreldwyd op 22 April gehou word om ondersteuning te toon vir en bewustheid te skep van die belangrikheid van omgewingsbewaring.
Wiggles and Giggles se kleuters neem elke jaar deel en hulle geesdrif het vanjaar ook die Voorbereidingskool aangesteek waar ouers en hul spruite baie moeite gedoen het om met verbeeldingryke uitrustings vorendag te kom.
Volgens Jessica Jonck, hoof van Wiggles and Giggles, het hul leerders ook speletjies en aktiwiteite geskep met items wat gewoonlik weggegooi sou word.
“Ons kinders het gewys dat herwinning beide opvoedkundig en pret kan wees. Ons vier Aardedag om kinders te help verstaan dat selfs klein aksies ’n groot verskil kan maak. Deur praktiese aktiwiteite soos hierdie moedig ons kreatiwiteit, omgewingsverantwoordelikheid en ’n liefde vir die wêreld rondom ons aan.”
Aardedag is vir die eerste keer op 22 April 1970 gehou. Volgens Earthday.org, die internasionale koördineerder van die dag, neem meer as 1 miljard mense in meer as 193 lande daaraan deel.
GALERY: Wiggles and Giggles-kleuterskool vier Aardedag
GALERY: Voories skeppend met herwinbare materiaal op Aardedag
Jannik Palkowski van Wiggles and Giggles-kleuterskool is 'n Lego-blokkie van papier. Foto verskaf
Jana Adams is 'n kamera van karton. Foto verskaf
Marcel Janse van Rensburg van George-voorbereidingskool is 'n kryger.
Joané Olivier van Voorbereidingskool het ou George Herald-koerante gebruik. Foto verskaf
Leerders van George-voorbereidingskool in kreatiewe skeppings. Foto verskaf
VIDEO: Liané Fouché van Wiggles and Giggles demonstreer 'n speletjie wat sy gemaak het:
VIDEO: Klein Kaylynn Squire van Voorbereidingskool is baie tevrede met haar rok.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’