Gallery
SKOOL NUUS - Carpe Diem Skool het Wêreldasmadag vir die derde jaar gevier met 'n opvoedkundige en kreatiewe inisiatief onder leiding van dr. Corli Lodder van die Allergy and Asthma Clinic in George.
Die jaarlikse inisiatief, geborg deur NAEP en Lodder, het ten doel om leerders bewus te maak van asma en die bestuur daarvan.
Leerders is ingelig oor die oorsake van asma, hoe om die toestand te bestuur en die korrekte gebruik van medikasie.
As deel van die program het leerders ook aan 'n kunskompetisie deelgeneem om bewustheid oor asma te bevorder. Vanjaar se kompetisie het 'n nuwe beeldhoukategorie ingesluit, wat 'n ekstra kreatiewe element tot die geleentheid toegevoeg het.
Die kunswerke is beoordeel deur twee plaaslike kunstenaars, Ian Visser en Anthony Noble. Hulle was Maandag by die prysuitdeling waar die Carpe Diem-koor ook opgetree het.
Deoné Grobler se briljante kunswerk het die eerste plek behaal in Skilder en inkleur onafhanklik. Foto verskaf
Aneeq Salie se skildery was derde in Skilder en inkleur onafhanklik. Foto verskaf
BO: Monja van der Poel se treffende en kleurvolle kunswerk was tweede in Skilder en inkleur met hulp. Foto verskaf
BO: Firdaus Bakali vertel 'n storie met sy prent wat die eerste plek in Skilder en inkleur (junior) ontvang het. Foto verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’