GEORGE NUUS - Leerders van Hibernia Primêr het aan die Coding 4 Africa-kompetisie, aangebied deur Tangible, deelgeneem.
Die leerders het in die ontkoppelde kodering-afdeling meegeding deur middel van die Rangers-mobiele toepassing.
Die kompetisie het leerders die geleentheid gebied om hul probleemoplossings- en spanwerkvaardighede te ontwikkel terwyl hulle met kodering kennis gemaak het.
Die spanne het aanvanklik binne hul eie skool teen mekaar meegeding en die wat goed presteer kan die geleentheid kry om na die nasionale vlak deur te dring. Die kompetisie bied ook 'n internasionale vlak, waartydens spanne virtueel teen deelnemers van regoor die wêreld kan meeding.
Die kompetisie het goed afgeloop en die skool se spanne het goed gevaar.
Hibernia Primêr het sy leerders gelukgewens met hul deelname en harde werk, spanwerk en probleemoplossingsvaardighede.
Die span van The Real Coders is Kelsey Plaatjies (12), Charmidah Lucas (11), Kay Lee Plaatjies (12) en Shey Verdea Vries (11). Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’