GEORGE NUUS - Kyk mooi of jy sien dalk dubbeld, want by Heidedal Primêr in Borcherds is daar tans 11 pare tweelinge in verskillende grade.
"Ons is baie trots daarop om so baie tweelinge te hê," sê Jerome Syfers (onderwyser) met 'n glimlag.
"Dit is baie ongewoon om in al die verskillende grade so baie tweelinge in een jaar by die skool te hê. Ons probeer altyd om die tweelinge in verskillende klasse te plaas sodat hulle onafhanklik van mekaar kan ontwikkel," sê Syfers.
Daar is een paar tweelinge in grade R, 1 en 4 en twee pare tweelinge in grade 2, 3, 5 en 6.
Beslis genoeg tweelinge om enige onderwyser effens deurmekaar te maak.
Hierdie drie pare seuns by Heidedal Primêr lyk die naaste aan mekaar.
Hierdie vier pare dogters lyk die naaste aan mekaar. Foto's: Jacques du Toit
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’