GEORGE NUUS - Deauwen en Beauwen Rens, die sewejarige tweeling van Pacaltsdorp wat 'n skaakbord aan die brand kan speel, is deur Chess SA gekies om van 12 tot 18 April deel te neem aan die World Youth Rapid & Blitz Championship wat in Griekeland gaan plaasvind.
George Herald het verlede jaar berig oor die skaakprestasies wat hulle inryg en hulle onver-sadigbare passie vir die sport. Hulle leef, eet en slaap skaak.
Hulle trotse pa, Bradwin, het hulle leer speel, maar word deesdae deur die twee op die skaakbord getroef.
Hy sê die onkoste om die twee boeties in Griekeland te kry, is geweldig hoog en onbekostigbaar vir die gesin.
Hy doen 'n beroep op enige individue of maatskappye wat moontlik met borgskappe kan help.
"Hierdie is die geleentheid van 'n leeftyd vir twee kinders met werklike talent en ambisie om opgang te maak in die sport. Ons sal enige bydraes waardeer."
Mense wat wil help, kan hom bel by 084 424 5225.
Beauwin en Deauwin speel oral waar hulle 'n plekkie vir die skaakbord kan kry. Die bord gaan oral saam met hulle.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’