Sponsored Content
SKOLENUUS - Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal is bekend vir die waardevolle insette wat hierdie tradisieryke hoërskool oor die periode van vyf jaar in die lewens van leerders belê.
Afgesien van 'n uiters hoë akademiese standaard waarop leerders kan staatmaak, is die skool gerig op die vorming van die leerders oor 'n breë spektrum van lewensvaardighede en lewenskwaliteite. Hier word van seuns verantwoordelike jong mans gemaak.
Die breë vakkeuses bied studie-geleenthede in enige beroepsrigting. Die gr. 12-klas van 2024 behaal 'n 100% slaagsyfer en 81 van die 84 matrieks behaal matrikulasievrystelling.
Nege leerders behaal gemiddelde A-simbole met Kéan Enslin wat 'n 90% gemiddelde behaal en agt onderskeidings verwerf het. 'n Totaal van 121 vak A-simbole word ook behaal en die gemiddelde persentasie van die klas was 68.8%.
Oakdale is 'n uiters gewilde hoërskoolkeuse vir seuns, vanweë die sterk waardegedrewe karakter van die skool.
Die Oakdalers geniet elke oomblik van die lewe op Oakdale binne die raamwerk van sterk dissipline. Oakdalers is bekend vir die unieke samehorigheid, respek, hoflikheid en toewyding wat in alle fasette van menswees toegepas moet word.
Die landbou-aard van die skool maak dit uniek en bring 'n nuwe ervaringswêreld binne bereik van elke seun. Landbou-opleiding is uniek en hou tred met die nuutste tendense van landbou- en tegnologie-ontwikkeling. Oakdale word bestuur soos 'n onderneming waar besigheidsbeginsels bydra tot die betrokkenheid van verskillende landbou-instansies as vennote in landbou-onderrig.
Die waarde van sport in die vorming van die Oakdale-leerders word hoog geag. Toewyding, dissipline en sterk sportmanskap word hoog geag in die vorming van leerders se mondering. Onderrig, sport en landbou-fasiliteite is van uiters hoë gehalte, bydraend tot die sukses wat Oakdale-leerders op alle terreine behaal.
By Oakdale is die koshuis jou "huis" en die mede-leerders jou broers.
Die uiters bekwame en toegewyde personeel se entoesiastiese insette in die lewens van hierdie jongmanne word absoluut beskou as 'n belegging in die jeug en die toekoms van ons land.
Oakdale het ook 'n uitgebreide buitemuurse kurrikulum in terme van sport en kultuur. Die eerste rugbyspan het in Desember 2024 aan die World School Rugby Festival in Bloemfontein deelgeneem en teen verskeie oorsese skole gespeel en oortuigende wenne behaal.
Oakdale se toutrekspan het as die onbetwiste wêreldtoutrekkampioene uit die stryd getree tydens die 2022, 2023 en 2024 wêreldkampioenskappe. Oakdale-seuns kry geleenthede wat min ander skoolseuns beskore is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’