Sponsored Content
SKOOL NUUS - Langenhoven Gimnasium is die eerste keuse skool in die Klein-Karoo/Suid-Kaap waar Afrikaans die taal van onderrig is en na uitnemendheid gestreef word. Ons streef na Christelike waardes en norme en skep 'n atmosfeer waar respek en dissipline belangrik is.
Ons uitgebreide vakkeuse maak dit moontlik om in 'n akademiese-, handels- of tegniese rigting te studeer. Ons beskik oor uitstekende toegeruste klaskamers en tegniese laboratoriums (werkswinkels), waar leerlinge tot hulle volle potensiaal ontwikkel word. 'n Gebalanseerde program van akademie, sport en kultuur maak deel uit van die totale ontwikkeling van leerlinge.
'n Gesonde en veilige omgewing met 'n netjies ontwikkelde terrein maak kindwees volmaak.
Ons beskik oor goed toegeruste seuns-, dogters- en laerskoolkoshuise waar baie leerlinge uit die platteland gehuisves word.
Langenhoven Gimnasium is ‘n skool met ‘n omgeehart, waar die uitstraal van liefde en goeie waardes sigbaar is in ons onderwysers en leerders. Alhoewel ons ook daarvan hou om op alle vlakke te presteer, word daar ook groot klem gelê op betrokkenheid van ons leerders in al die aktiwiteite wat ons aanbied. Ons glo dat ‘n betrokke Gimmie ‘n gelukkige Gimmie is.
Gimmie-wees word 'n leefwyse waar tradisies gevestig word en nog geslagte later gevier word.
“Vreugde in Arbeid" word hier vervul.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’