SKOLE NUUS - Hoërskool George se leerlinge het Maandag en Dinsdag hul laaste vak geskryf en George Herald het 'n draai gemaak om by van die leerlinge te hoor hoe hulle voel en wat vir hulle voorlê.
Soos tradisie het die hoofseun, Graziël Heathcote, en hoofmeisie, Kalynn Stoffels, na die voltooiing van die laaste vak die matrikulante uit die eksamen lokaal na buite die skoolterrein met die lui van 'n klok begelei.
Hoërskool George se hoofseun Graziël Heathcote en hoofmeisie Kalynn Stoffels saam op hul laaste dag as leiers. Heathcote sê om hoofseun te wees was 'n pad vol lesse, ervarings en konneksies met verskillende mense. "Dit het my geleer om sterk en aanpasbaar te wees." Stoffels sê dit was 'n opwindende en wonderlike ervaring om hoofmeisie te wees. Sy gaan LLB studeer en besluit nog op haar universiteit.
Gabriella Goldman sê sy is baie hartseer dat sy met skool klaar is, maar sy voel ook gelukkig want sy het baie dinge geleer en mense leer ken. Sy gaan verpleegkunde in George studeer.
Van links is Brendaline Booi (sy is bly die eksamen is verby, maar nie skool nie, want sy gaan dit baie mis), Lakeysha Harker (sy is bly skool is verby, maar gaan van die onderwysers mis), Jodie Boltman (sy is verlig die eksamen is verby en hoop haar punte reflekteer die werk wat sy ingesit het) en Chubyda Grootboom.
Die groep leerlinge sê hulle is baie bly dat die eksamen en skool verby is en sou na die foto hul volwassenheid met 'n 'dop' gaan vier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’