GEOGE NUUS - Daar is verlede Vrydagoggend met 'n baie spesiale seremonie afskeid geneem van Laerskool George-Suid se gr. 7's wat volgende jaar aanbeweeg om hulle hoërskoolloopbaan te begin.
Hul ouers was daar om te deel in die groot oomblik.
Tydens 'n saalbyeenkoms het die hoof, Sas du Plessis, 'n spesiale boodskap vir die leerders en hul ouers gehad oor die pad vorentoe.
Daarna het die leerders deur 'n erewag na die vierkant beweeg waar elkeen 'n groot klok in almal se teenwoordigheid gelui het om hierdie mylpaal luid aan te kondig.
Duiwe is daarna vrygelaat om te simboliseer hoe die leerders nou hul vlerke gaan sprei in die volgende fase van hul lewens.
Die seremonie is op 'n prettige noot geëindig toe die gr. 7's met uniforms en al, omring deur hul ouers en onderwysers, in die skoolswembad gespring het.
Elke gr. 7-leerder het die klok gelui.
Trotse ouers neem 'n oomblik tydens die saalbyeenkoms op.
Vir ouers was hierdie 'n wonderlike oomblik om met hul kinders te deel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’