GEORGE NUUS - Dis byna tyd vir vier tussenverkiesings in George. Oor twee dae, Woensdag 11 November, gaan inwoners van vier wyke in die dorp die kans kry om 'n raadslid te kies.
Rosedale (wyk 14), Parkdene (wyk 8), Conville (wyk 17) en Pacaltsdorp (wyk 27) is goed versier met plakate van politieke partye wat om die onderskeie setels in die George-raad gaan meeding.
Na verwagting gaan dit 'n bloedige stryd afgee en die meerderheidsparty in die raad, die DA, gaan verbete moet veg om hul posisie te behou.
Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'