GEORGE NUUS - Die munisipale verkiesing in wyk 17 in George gaan voort al het die DA-kandidaat Brendan Adams, positief getoets vir Covid-19.
Adams het vanoggend, 5 November, bevestig dat hy positief getoets het.
Hy het vroeër op Facebook geskryf hy is toegewyd aan 'n veilige veldtog. Omdat hy soveel respek vir inwoners het, is hy van mening dat dit belangrik is om hulle in kennis te stel dat hy positief getoets het vir Covid-19.
“Dit beteken dat ek tien dae in isolasie sal wees. Ons het ook die verantwoordelike besluit geneem om ons DA-aktiviste en werwingsspan, wat in noue kontak met my was, te vra om hulself ook te isoleer. Ons het ook van die aktiviste gestuur vir proaktiewe toetsing. Die DA-spanlede wat nie in noue kontak met my was nie, sal voortgaan om in die strate te loop.
“Baie dankie vir die boodskappe en oproepe van ondersteuning. Ek is daartoe verbind om die tussenverkiesing volgende Woensdag 11 November te wen en ek vra u ondersteuning. Maar ek is ook daartoe verbind om u veilig te hou en ons spanlede veilig te hou, en daarom het ons hierdie stappe geneem. Dankie vir u ondersteuning.”
Jaco Londt, voorsitter van die DA se oosstreek, het gesê die DA voldoen aan al die gesondheidsvereistes van die department van gesondheid om die veiligheid van mense in ag te neem.
“Ons is vol vertroue dat die werk wat ons vooraf gedoen het is voldoende om die een deur te trek.”
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'