Breaking News Update
GEORGE NUUS - Die PA het nou nog 'n verteenwoordiger in die George-stadsraad nadat hy gister, 14 Februarie, wyk 8 Parkdene, in die munisipale tussenverkiesing gewen het.
Samuel Vorster van die PA het 1 272 stemme (62,75%) gekry. David Willemse van die DA het 671 stemme (33,10%) gekry, Levinia Wildeman van die ANC 50 stemme (2,47%) en Shumentla Malan van die EFF 34 stemme (1,68%).
Die stempersentasie was 53,81%.
Daar is 3 868 geregistreerde kiesers wat kan stem en daar is by twee stempunte, die Parkdene Congregational Church en die Parkdene-gemeenskapsaal gestem.
Die uitslag is nie vir die DA goeie nuus nie, want hy het die wyk aan die PA afgestaan.
Die wyk het vakant geraak na die bedanking van Bazil Petrus. Hy het na sy bedanking by die PA aangesluit,
Petrus is een van George se bekendste politieke leiers en onder meer 'n voormalige burgemeester.
Die uitslag raak nie die magsbalans in die stadsraad nie. Die DA beheer die stadsraad ingevolge 'n ooreenkoms saam met die VF Plus en die ACDP.
Setel verdeling in George-stadsraad:
- DA: 27
- ANC: 10
- PBI: 5
- VF Plus: 4
- Good: 3
- EFF: 2
- PA: 3
- ACDP: 1
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’