Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Dit is van kritieke belang dat alle burgers bo 18 in volgende jaar se verkiesing stem. Dit is benadruk tydens 'n geleentheid van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) en die Vereniging vir persone met gestremdehede (APD) wat Donderdag in die Pacaltsdorp-gemeenskapsaal gehou is.
Die geleentheid is deur verskeie gestremdes en verteenwoordigers van belanghebbende instansies bygewoon.
Ircia Michaels van die OVK in George het gesê by die geleentheid word gestremdes se gestremdhede nie raakgesien nie.
Glen Fortuin van die APD het gesê die instansie is daar om te help dat die stem van gestremdes gehoor kan word.
Keith Muller, hoof van die OVK in George, het gesê die datum vir aanstaande jaar se verkiesing is nog nie bekend nie, maar ter wille van beplanning word gewerk van die veronderstelling dat dit iewers in Mei 2024 sal wees.
Muller sê dit gaan 'n baie belangrike en geskiedkundige verkiesing wees. Dit sal die eerste keer wees dat onfhanklike kandidate aan die nasionale en provinsiale verkiesing mag deelneem. Dit sal beteken dat kiesers drie stembriewe ontvang in plaas van die gewone twee.
Dit is dus moontlik dat 'n onafhanklike kandidaat of selfs kandidate tot die parlement verkies word.
Keith Muller van die OVK George spreek aanwesiges toe. Foto’s: Eugene Gunning
VIDEO: Wimpee Williams wat tydens die geleentheid opgetree het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’