GEORGE NUUS - Die DA is steeds in beheer van die George-stadsraad.
Die party het Woensdag koning gekraai in drie van die munisipale tussenverkiesings deur wyke 8, 14 en 17 te wen.
Wyk 27 is deur Good gewen.
Die DA se verowering van wyk 8 beteken dat Bazil Petrus, 'n vorige burgemeester, weer terug in die stadsraad is.
Meer inligting volg sodra dit beskikbaar is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'