GEORGE NUUS - Die DA-kantore in George ondervind vanoggend ‘n toeloop van aspirant kandidate wat graag in aanmerking wil kom om die party tydens twee tussenverkiesings in wyk 14 (Rosedale) en wyk 27 (gedeelte van Pacaltsdorp) te verteenwoordig.
George Herald het verlede week berig dat nominasies vandag, Maandag 2 Maart open. Dit is ‘n fout, aangesien nominasies vandag sluit.
Volgens DA-streekvoorsitter, Jaco Londt, is vandag die laaste dag vir nominasies vir hierdie twee wyke. Hy is opgewonde oor die belangstelling en bedank diegene wat hul naam in die hoed gooi vir oorweging.
Datums vir die tussenverkiesings is nog nie bekend nie, maar na verwagting behoort dit teen einde April plaas te vind.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'