GEORGE NUUS - Die ACDP se burgemeesterskandidaat vir George is Johan du Toit.
"Ek is 'n trotse inwoner van wyk 3 vir die afgelope 19 jaar. Ek en Shannon is 48 jaar getroud. Ons het drie dogters en sewe kleinkinders. Ek dien die gemeenskap van George vir die afgelope 19 jaar ononderbroke op geestelike en morele gebied. Ek bied my dienste aan die gemeenskap om u te dien met integriteit en deursigtigheid.
"Ek is 'n raadslid vir die afgelope 10 jaar in George-munisipaliteit waarvan ek agt jaar as voorsitter van MPAC gedien het.
"Die heel eerste op my lys sal wees om die lughawe-kruising te beveilig met 'n sirkel of robot en tweedens om bedrog en korrupsie uit te roei.
"Stem vir die ACDP wat op Goddelike Regering gegrond is en om 'n deursigtige, verantwoordelike, eerlike, korrupsievrye plaaslike regering daar te stel wat net die kieser se belange op die hart sal dra en van George 'n aangename dorp maak.
"Dit is tyd vir verandering."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'