GLENTANA NUUS - Die 36-jarige vrou wat Sondagmiddag, 27 November, om ongeveer 13:30 by Glentana verdrink het, is intussen uitgeken as Phumzile Banda.
Phumzile is oorspronklik van Benoni, maar het dikwels in Mosselbaai kom kuier en het dan in New Rest gewoon.
Sy was saam met 'n vriend op die strand toe sy na bewering na die kleedkamers wou gaan.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat Phumzile in vlak water uitgeswem het waarna sy vermoedelik in 'n sterk seestroom beland het.
Lees meer in susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Glentana, Tuinroete nuus'