Update
ALBERTINIA NUUS - Die verhoor van die 53-jarige Timothy Ova, wat daarvan verdink wat dat hy die negejarige Jacorene Vaaltyn en die tienjarige Sharon Arries van Albertinia in September 2022 vermoor het, begin vandag in die rondgaande hooggeregshof in George.
Ova is op 23 September in hegtenis geneem nadat Jacorene en Sharon se liggame op 22 September by sy woning in Jan Fiskaalstraat ontdek is.
Die grusame ontdekking is gemaak enkele ure nadat die twee meisies as vermis aangemeld is op 21 September.
Die liggaam van die een slagoffer is onder ‘n bed gevind en die ander liggaam in ‘n blou plastiekdrom. Beide liggame was met lakens toegedraai.
‘n Nadoodse ondersoek is op die oorledenes in George gedoen. Beide slagoffers is weens versmoring dood en daar was glo sand in elk se lugweg. Die meisies is vermoedelik gelyktydig vermoor.
Volgens die polisie was daar geen sigbare tekens van seksuele geweld nie.
Ova is sedert sy in hegtenisname in aanhouding.
Vorige artikel: Voorverhoor van Albertinia moordsaak het afgeskop
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’