NASIONALE NUUS - Dit blyk dat een van die verdagtes in die Preston Titus moordsaak, Masimthembe (MJ) January, se voorneme om hom verlede week aan die polisie te oorhandig intussen verander het.
MJ het verlede Woensdag uit die bloute by die Oudtshoorn Courant se kantore opgedaag.
Volgens hom was hy op pad om homself aan die polisie te oorhandig, maar wou eers sy kant van die storie vertel.
Hy is deur 'n geestelike leier vergesel.
Titus is Saterdag, 2 Desember 2017 deur 'n familielid in die vroeë oggendure in sy huis op die Weermagbasis dood aangetref.
Hy was die man van ANC-raadslid, Magdeleen Titus.
January sê hy is bewus van die beweringe dat hy Justice Mooi en Vusumsi, die twee beweerde huurmoordenaars, aan Magdaleen Titus voorgestel het, maar ontken dit.
Volgens hom was hy en Titus in ‘n verhouding en sy het hom vir ‘n kerkdiens na Port Elizabeth vergesel die dag waarop sy vir Mooi ontmoet het.
Hy beweer dat Titus en Mooi mekaar toevallig in ‘n kroeg ontmoet het en dat hy hulle net as kennisse voorgestel het waarna hulle oor politiek gepraat het.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'