HOFMEYR NUUS - Na aanleiding van inligting wat op sosiale media meegedeel is, is daar op navrae bevestig dat drie kinders, gemiddelde ouderdom 20, vroeg vanoggend gesterf het in die Razzmatazz Tavern in Twinsville, Hofmeyr.
'n Groot aantal jeugdiges is per ambulans na Cradock-hospitaal geneem en ernstige gevalle is reeds na hospitale in Gqeberha geneem.
Hierdie is 'n ontwikkelende storie.
Die SAPD het meegedeel dat die inligting soos ontvang, korrek is, maar dat die toneel nog afgesper is.
Lees meer op susterskoerant, Graaff-Reinet Advertiser
SAPD Forensiese span van Middelburg is op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'