RIVERSDAL NUUS - Die uitslag van die lykskouing op die 16-jarige Stefan Marais, wie se gedenkdiens vandag vanuit die NG Kerk Moedergemeente op Riversdal plaasgevind het, is bekend.
Kaptein Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder van die Suid-Kaap, het bevestig dat hy verdrink het.
“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat hy wel verdrink het. Die ernstige hoof- en nekbesering wat hy opgedoen het, kon daartoe bygedra het.”
Gerugte dat Stefan in ‘n sandbank vasgeduik het, wou hy nie bevestig nie. “Ons wil nie afleidings maak nie omdat ons dit nie kan bevestig nie,” het hy gesê. “Geen gemene spel word vermoed nie.”
Stefan se liggaam is Saterdag 20 Januarie in die Goukourivier op Stilbaai gevind.
Artikel verskaf deur ons susterskoerant, Suid-Kaap Forum.
Lees vorige artikels:
- Gedenkdiens vir Stefan Marais
- Die Engele huil saam
- Outopsie op jong leerder Dinsdag
- Lewelose liggaam van seun gevind
- Vermiste seun nog nie opgespoor nie
- Stefan Marais is nog nie gevind nie
- Vermiste seun nog nie gevind
- Opvolg: Vermiste seun
- Stilbaai: Seun vermis
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'