NASIONALE NUUS - Die Staat se aansoek vanoggend in die Mosselbaai-landdroshof dat slegs lede van die media die borgaansoek van ’n 43-jarige graad 7-onderwyser van Laerskool Park mag bywoon, is deur die hof goed gekeur.
Die borgaansoek word in camera gehou en lede van die publiek mag dit dus nie bywoon nie.
Dit is vandag die verdagte se derde verskyning in die Mosselbaai-landdroshof.
Hy staan tereg op 19 aanklagte wat insluit seksuele aanranding, verkragting en die blootstelling van kinders aan pornografie.
Lees meer op susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’