STILBAAI NUUS - ‘n Graad 11-leerder van die Hoër Landbouskool Oakdale, Stefan Marais (17), is sedert 13:00 op 19 Januarie vermis.
Volgens inligting het Stefan gisteroggend saam met die graad 8-leerders vir hul ontgroening in die Oakdale-bussie na Stilbaai gekom, maar hy het nie saam met hulle na Riversdal teruggekeer nie.
Sy klere is by die riviermond gevind.
Die plaaslike NSRI is besig om met die soektog te help.
Lees meer op ons suster koerant, Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'